Upcoming Events
Johannesburg
22 April –SA Guide Dogs Cricket Challenge (date to be confirmed)
25 August – Flyfishing Competition (Dullstroom)
Durban
25th May -3rd June - Royal Show
22nd -24th September - Garden Show
Cape Town
8 -10 March: Cape Argus Cycle Tour Expo
18 March: Durbanville Rose Garden Tea Party
22 – 25 March: Get Away Expo
23 – 26 August: Cavendish Charity Book Sale
Follow the diaries of Pasha, Guide-Dog owner and Christine, puppy
raiser.
|
Latest News
previous page
Ekspedisi Kilimanjaro
EKSPEDISIE KILIMANJARO
“It is not about altitude, but attitute ...” is die groot lewenswaarde wat Michiel vd Merwe geleer het toe hy Kilimanjaro van 4 – 13 Jan 2012 ten bate vanSA Gidshonde aangedurf het.
Liesbet, eggenote van Michiel, is ‘n “puppy-walker” vir SA Gidshonde. Michiel het so beïndruk geraak met wat hierdie honde kan doen, dat hy sy lang gekoesterde droom om Kilimanjaro uit te klim met SA Gidshonde gekombineer het.
Dit was geen maklike taak nie. Dit eerste dag het die Berg se reënwoud hul verwelkom met ‘n stormreën waar jy beswaarlik voor jou kon sien, om nie van die ysige koue te praat nie! Op die derde dag op 4600m (so hoog soos die hoogste berg in Switserland) het die gevreesde hoogtesiekte sy opwagting gemaak en vir die volgende vier dae moes Michiel hoofsaaklik op water oorleef.
Danksy die ondersteuning van van, veral sy gesin, en die wete dat hy dit vir ‘n saak (SA Gidshonde) doen, het hy geweet hy moet vasbyt tot op die hoogste piek in Afrika: Uhuru-piek (5895 m). Hierdie laaste skof van meer as 7 ure waartydens daar meer as 1300 meter gestyg is, is in die nag gedoen. Met sonsopkoms het daar letterlik en figuurlik nuwe lig gekom toe Uhuru-piek bereik is. Dit was ‘n grootse voorreg en met trots wat die banier van SA Gidshonde tot hier gedra kon word.
Om Kilimanjaro te kon klim, is soos om jou lewenspad te loop. Daar is dikwels “altitude”-faktore waaraan ons niks kan verander nie. Dit hang egter van ons “attitute” af of ons gaan “summit”.
Michiel vd Merwe
“Thanks to Michiel’s perseverance and dedication a magnificent amount in excess of R12 500 had been raised to date, with funds still being pledged at present)
|
|